Om saam met Jesus te kuier…

Jesus hou van kuier. Hy het baie gekuier toe Hy op aade was. Ek dink, Hy hou vandag nog steeds daarvan om te kuier. Ek dink, Hy kuier elke dag, rondom tafels saam met mense, by ‘n braaivleisvuur of in ‘n restaurant, ‘n Koffie shop, ‘n ouetehuis, ‘n ontbyt tafel en nog baie meer.

Ek hou baie wat Leclerc se: “Jesus ate good food with bad people…”. Phew ek is bly daaroor, want nou weet ek Hy sal saam met my ook wil kom eet.

In Markus twee word die storie vertel van Levi die Tollenaar. ‘nTollenaar was blykbaar ‘n bad iemand in Jesus se tyd. Jesus het by hom verbygeloop en vir hom gesê: “Volg my…”. Hy het onmiddelik opgestaan en Jesus gevolg. Die storie gaan toe verder en vertel hoe Jesus en sy dissipels toe by Levi en al sy vriende gaan eet het. Natuurlik was die nare Fariseërs nie baie happy oor dit nie. Hulle vra toe hoekom eet Jesus saam met Tollenaars en Sondaars. Waarop Jesus hulle antwoord. “As jy gesond is het jy mos nie ‘n dokter nodig nie. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie.” Phew! Ek is so bly daaroor, want anders sou Jesus mos nooit aan my tafel kom sit het nie. Jy sien ek is Levi.

‘n Tafel, kuier, saam eet is ‘n plek waar stories loop. Dit is die plek waar ons mekaar leerken deur die stories wat ons vertel. En ons word daardie stories. Ek wil so graag hê Jesus moet aan my tafel kom sit en deel word van my storie.

Dis nou juis die ding. Jesus ìs aan my tafel. Hy eet saam met my, elke dag. Dis die magic van die Opstanding! Jesus hoef nie nou meer soos toe Hy op aarde was net aan Levi se tafel op ‘n slag te sit nie. Hy sit aan elke tafel, oor die hele aarde, elke dag, die hele tyd.

Dit maak nou dat ek wil bid: “Jesus ek wil U volg, soos Levi. Ek wil opspring en agter U aanloop. Ek wil hê U moet by my kom eet. Saam met arme ekke en al my sondaar vriende. Ek wil hê U moet deel word van my storie, sodat my storie kan deel word van U storie. En eendag Here gaan ek saam met U sit in ewigheid by die Bruilofstafel van die Lam. Dankie Here, so baie dankie!”

Advertisements

Die pad van die lewe…

Onlangs is ek alweer gekonfronteer met die groot K.  Ja alweer kanker.  En weer ‘n keer voel ek onbeholpe en dom in die kloue van die monster.  En ek wonder, ek wonder wat om te maak en hoe om te dink…  en veral wonder ek hoe om met die persoon te praat; wat in die kloue van die monster is…

Dit is in hierdie tyd dat ek hierdie aanhaling van my geliefde mentor Henri Nouwen lees:

Going home is a lifelong journey.  There are always parts of ourselves that wonder off in dissipation or get stuck in resentment.  Before we know it we are lost in lustful fantasies or angry ruminations.  Our night dreams and daydreams often remind us of our lostness.
Spiritual disciplines such as praying, fasting and caring are ways to help us return home.  As we walk home we often realize how long the way is.  But let us not be discouraged.  Jesus walks with us and speaks to us on the road.  When we listen carefully we discover that we are already home while on the way.

Dis die moeilike woorde in Henri Nouwen se engels wat vir my op die ou end weer ou antwoorde kom oopmaak het.  Dit is sommer die eerste sin wat my gevang het.  “Om huis toe te gaan is ‘n lewenslange reis.”  Waar is die huis?  Wel as ek aan die gelykenis van die verlore Seun dink, dan is die huis waar my Vader is.  My Vader wat vir my wag.  Ja in groot afwagting wag, sonder om te oordeel.  Maar ek dwaal rond.  Ek soek die huis oral en in alles.  Ek luister na die dood se leuns.  Die monster vertel vir my, hy jaag my aan, hy laat my wegdwaal in “lustfull fantasies”.  As ek maar net genoeg geld gehad het, dan sal ek dit koop of dat doen en dan sal ek gelukkig wees.  En dan..?  Ewe skielik..!  Staan die Kanker Monster voor jou en is geld en al daai goed ewe skielik onbelangrik en al waarna jy hunker is na jou huis waar jou Vader is.

Een van Nouwen se woorde hier is: “Dissipation”  Getroue ou google sê vir my die woord beteken iets wat in die niet verdwyn.  Iets wat sonder dat jy dit regtig agterkom sommer net verdwyn.  Vader, keer my asseblief, keer dat die lewe, my plek saam met U, my huis; nie sommer net sal wegraak in jare van struggle en dink aan die eise van die monster nie.

Bazz Luhrman het gesê:  “Don’t worry about the future; or worry, but know that worrying is as effective as trying to solve an algebra equation by chewing bubblegum.  The real troubles in your life are apt to be things that never crossed your worried mind the kind that blindside you at 4pm on some idle Tuesday.”
Read more: Baz Luhrmann – Everybody’s Free (to Wear Sunscreen) Lyrics | MetroLyrics

“Angry Ruminations”  is Henri Nouwen se ander moeilike engelse woord.  Google sê dit is ‘n: “a deep considering thought about something.”  Ek ontmoet baie mense wat heeltyd besig is met kwaai gedagtes oor dinge.  Het jy gesien wat het hulle nou al weer gemaak.  Hulle gaan alles verbrand.  Hulle vat al die plase.  Hulle vat al ons goed…  In die proses van “angry ruminations” besef ons nie dat die duiwel dans dat die stof so staan soos my liewe ouma altyd gesê het nie.  Gepraat van my ouma; sy het eendag haar kinders en kleinkinders laat plaas toe kom en alles weggegee.  Sy het rustig haar goedjies gevat en ouetehuis toe getrek.  “Want, my kind…” het sy gesê, “daardie dinge is tog nie meer belangrik nie…”

Nou ja toe voor ek nou te veel aankarring met moeilike engelse woorde.  Wat is die punt hier.  Die punt is dat die ware pad, die regte pad nie die pad van die monster is nie.  Jesus het gesê Hy is die weg (Johannes 14:6).  Wat beteken dit?  Wat was Jesus se pad?  Jesus se pad was die pad van die kruis.  Die pad van die dood.  Die pad van kyk die Monster in die oë, soos William Wallace in Braveheart.  En daar raak die antwoord vir my toe duidelik.  Daar waar ons oop is oor Kanker, daar waar ons daaroor praat, daar waar ons dit in die oë kyk.  Daar is ons pad huistoe.  Dan vind ek uit soos Henri Nouwen sê, ek is eintlik alreeds by die Huis.

Jesus se Hemelvaart is soos ‘n Dandelion…

Jy weet mos daai blommetjie wat ‘n mens so blaas en dan waai al die saadjies in die wind in. As kind was ek mal daaroor. Hulle het sommer so in die veld gegroei. Ek het dit gegoogle; in Afrikaans noem mens dit ‘n Paardeblom. Bietjie wierd naam maar nou ja.

Phillipp Yancey skryf in sy boek, “The Jesus I never knew:”. “Killing Jesus is like trying to kill a Dandelion seed-head by blowing on it.” Ek dink dit is wat Jesus bedoel het toe Hy in Johannes 12:24 gesê het: “As ‘n koringkorrel nie in die grond val ens terwe nie, bly hy net een, maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in.”

Vandag is Hemelvaart dag. Dis ‘n moeilike ding vir my ou breintjie om te verstaan. Daarom al hierdie metafore en dinge. Ek sien die saak so.

Jesus was op aarde. Hy het hier geleef. Hy het saam met sy dissipels aan tafel gesit en eet. Hulle kon aan Hom vat en met Hom gesels. Hy was by hulle. Maar net by hulle. Net soos enige ander mens. Maar toe staan Hy uit die dood op en vaar in die hemel in. Alles verander. Hy kan nie meer vasgevang word nie. Hy is nie meer net op een plek nie. Hy is nou aan elke tafel op hierdie hele aarde saam met al die mense. Is dit nie amazing, misterieus en mind blowing nie?

Kyk wat sê Frederick Beuchner: “We can never nail Him down, not even if the nails we use are real and the thing we nail Him to is a cross.”

Ok, so terug na die Dandelion. Jesus se dood het Hom los gemaak van die wêreld se reëls. Hy kan nie vasgevang word nie. Sy Hemelvaart het Hom meer gemaak as een. Die Koringkorrel wat in die grond val en sterf word infinitief meer…

‘n Gedig van Dietrich Bonhoeffer

Dietrich Bonhoeffer was ‘n ds. in Duitsland wat deur Hitler in die tronk gegooi is. Hy is op die ou end net voor die einde van die oorlog tereggestel.

Hier is ‘n gedig wat hy vanuit die tronk geskryf het… Dit het my laat dink oor dominee wees. Dit is ook van toepassing op kind-van-die-Here wees.

“Who am I?”

Who am I? They often tell me

I stepped from my cell’s confinement

calmly, cheerfully, firmly,

like a Squire from his country-house.

Who am I? They often tell me

I used to speak to my warders

freely and friendly and clearly,

as though it were mine to command.

Who am I? They also tell me

I bore the days of misfortune

equally, smilingly, proudly,

like one accustomed to win.

Am I then really all that which other men tell of?

Or am I only what I myself know of myself?

Restless and longing and sick, like a bird in a cage,

struggling for breath, as though hands were

compressing my throat,

yearning for colors, for flowers, for the voices of birds,

thirsting for words of kindness, for neighborliness,

tossing in expectation of great events,

powerlessly trembling for friends at an infinite distance,

weary and empty at praying, at thinking, at making,

faint, and ready to say farewell to it all?

Who am I? This or the other?

Am I one person to-day and to-morrow another?

Am I both at once? A hypocrite before others,

and before myself a contemptibly woebegone weakling?

Or is something within me still like a beaten army,

fleeing in disorder from victory already achieved?

Who am I? They mock me, these lonely questions of mine.

Whoever I am, Thou knowest, 0 God, I am Thine!

As God Nee sê…

Ek is besig met ‘n preek oor hierdie tema en toe dink ek daaraan dat God ons liefdevolle Vader, Nee gesê het vir sy eie Seun, Jesus Christus.

Lees bietjie die volgende:

Markus 14:35–36 (AFR1983) 35Hy het toe ’n entjie daarvandaan op die grond gaan kniel en gebid dat, as dit moontlik is, die uur van lyding nie vir Hom sou aanbreek nie. 36Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.”

Jy sien soos ek die saak sien wys hierdie ding wat in Jesus se lewe gebeur het vir ons baie duidelik dat Jesus ‘n mens was. Hy was bang! Hy het nie kans gesien vir dit wat voor Hom lê nie. Dink ‘n bietjie daaraan? God en dit sluit ook met ander woorde Jesus in, sien die groter prentjie. Jesus weet nie net wat wag vir Hom nie, Hy weet ook dat dit nodig is om te gebeur. En nog steeds vra Hy of dit nie maar by Hom kan verbygaan nie. Dis groot hoor…

Jy sien, ek dink ons kan iets hier by Jesus leer. Ons kan iets leer oor wanneer ons in ‘n krisis is. Die eerste ding wat ons kan leer is dat ons kan ontspan as ons onseker en bang is. Want, Jesus verstaan. Hy was ook daar. Hy weet hoe dit voel. Hy was daar, regtig daar, Hy het self in alles begin twyfel. MAAR!

Ja, daar is ‘n groot MAAR. Hy het sy Vader vertrou. Sy Vader se oordele en sy Vader se plan met sy lewe. Jesus het geweet dat Hy ‘n doel het. Hy het geweet dat Hy deel is van God se plan van liefde vir hierdie wêreld. Daarom het Hy ook geweet dat God in beheer is. Lees weer mooi wat Jesus bid. Hy bid: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik.” Met ander woorde, Vader dit is vir U moontlik om hierdie swaar ding wat voor my lê soos ‘n berg weg te neem. Maar dit is ook vir U moontlik om hierdie swaar ding wat voor my lê te gebruik in U liefdevolle plan vir U koninkryk. So Vader ek vertrou U. Ek vertrou dat U goed is. dat U motief altyd liefde is. Dat U U Koninkryk deur my Gaan bou.

En dan bid Jesus: “Moet nogtans nie doen wat ek wil nie, waar wat U wil.” Wat Jesus hier sê is: Vader as U Nee se vir my versoek dan gaan ek dit aanvaar. Want, U weet baie beter as ek. U is in beheer en ek vertrou U.

Nou bid ek: Vader help my om soos Jesus te vertrou. Help my om soos Jesus te bid. Ek wil soos Jesus wees…

Goeie Kersdag boodskap….

Vandag was ek en my gesin kerk toe by NG Gemeente Hoekwil naby Wildernis. Dis ‘n doodgewone gemeente, niks buitengewoon amazing nie. Maar sommer met die instap kry jy al die idee dat die gemeente ‘n familie is. Maar dis nie eintlik waaroor ek wil skryf vandag nie. Ek wil jou vertel van die dominee se boodskap. Dit het my getref.

Ds Dawie het vertel dat geskenke nogal ‘n belangrike deel van Kersfees is. Kinders geniet dit. Ons soek maande na die regte geskenke. Ons spandeer geld daarop. En dis goed so. Want dit wys alles heen na die grootste geskenk van alles. Jesus wat as mens gebore is. Maar wat my laat dink het is die laaste deel van sy preek. Hy het gewys hoe belangrik dit is om ‘n geskenk oop te maak. ‘n Geskenk beteken niks vir jou as jy dit nie oopmaak nie. Dit is in die oopmaak waar die “magic” lê.

God gee vir ons die geskenk van die lewe. Ons vier dit veral met Kersfees. Dit help niks God gee jou hierdie geskenk en jy maak dit nie oop nie. Die “magic” gaan dan verlore…

Ek dors vir jou… Openbaring 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.

Jesus sê:

Dit is waar.  Ek staan by die deur van jou hart, dag in en dag uit.  Selfs al luister jy nie, selfs al twyfel jy of dit werklik Ek is, Ek is daar.  Ek wag en luister, selfs vir die kleinste teken van jou aandag, selfs vir die kleinste fluistering van uitnodiging; dat jy My sal toelaat om in te kom.

En Ek wil hê jy moet weet, jy moet weet dat wanneer jy my nooi om in te kom, sal Ek kom – altyd, sonder uitsondering.  Stil en sonder dat jy My sien sal Ek kom, met oneindige krag en liefde, en Ek bring die baie gawes van My Gees.  Ek kom met genade, My begeerte is om te vergeef en om jou gesond te maak.  Ek het ‘n liefde vir jou wat jy nie sal kan verstaan nie – ‘n liefde net so sterk is soos die liefde wat My Vader vir My het en Ek vir my Vader. (Joh 15:9 9“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly.)  Ek kom – met verlange om jou naby te wees en jou te versterk, om jou hoog op te lig en jou wonde te verbind.  Ek bring jou my lig, om al jou twyfel te besweer.  Ek kom met My krag, sodat Ek jou mag dra en jou laste daarmee saam, Ek wil jou aanraak sodat jou lewe sal verander: My vrede gee ek sodat jou hart mag stil word.

Ek ken jou deur en deur – Ek weet alles van jou af.  Selfs die hare op jou kop het ek getel.  Niks in jou lewe is onbelangrik vir My nie.  Ek wandel al saam met jou vir baie jare, en Ek het jou nog altyd liefgehad, selfs toe jy die pad byster geraak het.  Ek ken elkeen van jou probleme.  Ek ken jou behoeftes en jou bekommernisse.  En ja Ek ken al jou sonde.  Maar ek sê weer dat Ek jou liefhet – nie vir wat jy gedoen, of nie gedoen het nie – ek is lief vir wie jy is, vir die waardigheid en skoonheid wat my Vader aan jou geskenk het, toe Hy jou gemaak het Na sy beeld.  Die waardigheid wat jy dikwels van vergeet het, dit is skoonheid wat jy bevuil het met sonde.  Maar Ek is vir jou lief net soos jy is, en Ek het my eie bloed vergiet om jou terug te wen.  As jy My net vra in geloof, My genade sal alles aanraak wat jy nodig het om te verander in jou lewe, en Ek sal jou die krag gee om jouself te bevry van sonde en al die destruktiewe krag wat daarmee saamgaan.

Ek dors na jou.  Ja, dit is die enigste manier wat Ek kan begin om te beskryf hoe lief Ek vir jou is:  EK DORS NA JOU.  Ek dors daarna om jou lief te hê en om jou liefde terug te ontvang.  Dit is hoe kosbaar jy vir My is.  EK DORS NA JOU.  Kom na My toe en ek sal jou hart vol maak en jou wonde genees.  Ek sal jou ‘n nuwe skepsel maak, en aan jou vrede gee, selfs in jou moeilikste tye.  EK DORS NA JOU.  Jy moet nooit twyfel aan My genade nie, My aanvaarding van jou, My begeerte om te vergewe, My begeerte om jou te seën en My lewe in jou te leef.  EK DORS NA JOU.  As jy onbelangrik voel in die oë van die wêreld, dit is gladnie belangrik nie.  Vir My, daar is niemand in hierdie wêreld meer belangrik as jy nie.  EK DORS NA JOU.  Maak oop vir My, kom na My, dors na My, gee My jou lewe – en Ek sal aan jou bewys hoe belangrik jy is vir My hart.

En as jy dan die deur van jou hart oopmaak, selfs al kom jy net naby daaraan, dan sal jy My oor en oor hoor sê, nie in menslike woorde nie, maar in die woorde van die Gees:  “dit gee nie om wat jy aangevang het nie, Ek het jou lief, Ek het jou lief vir wie jy is.  kom na my toe met jou ellende en jou sonde, met jou probleme en jou behoeftes en met al jou verlange na liefde en aanvaarding.  Kyk Ek staan by die deur en Ek klop…  Maak-oop-vir-My, EK DORS NA JOU…

‘n Vertaling uit ‘n meditasie van moeder Teresa van Calcutta, I thirst for you.