Om honger te wees…

Ons diep honger wees na daai iets in ons lewens is die ding wat ons dryf. Ons honger wees na iemand, na iets, daai ding wat ons waardig laat voel. Hierdie ding kan ons grootste geestelike geskenk van God af wees, of dit kan ons grootste vloek in ons lewe wees.

Ons het hulle al almal gesien (miskien is ek een…). Mense wat ander net té nodig het. Alles wat jy doen, sê, koop, het te make met hoe ek daardeur aanvaar gaan word of nie. Koop ek ‘n nuwe kar of rok of fiets, dan wonder ek… Gaan mense my aanvaar. Ek wonder darem wat gaan hulle sê as ek more met hierdie selfoon daar aankom. Dis ‘n probleem.

Sondag hou ons Nagmaal in ons great gemeente. Nagmaal gaan oor honger wees. ‘n Honger na God. En daai is ‘n goeie honger. Die vrae soos: as ek dit doen, of dat koop of dit sê, wonder ek darem wat sal God daarvan dink. En dan besef jy! Ek is God se geliefde. Hy aanvaar my. Hy is lief vir my. Daar is niks wat ek kan doen of sê of koop om dit te verander nie. Ewe skielik raak ek heel. Honger na God!

Advertisements

Die verskil tussen “training en trying”

Ek woon ‘n kursus by in Stellenbosch. God het hierdie plek geseën met oorvloedige reën. Ons Vader is so getrou. Maar, waarby ek eintlik wil uitkom is hierdie ding van dissipelskap en die verskil tussen “training en trying.” (Die kursus is in engels😳)

Kom ek praat bietjie oor fietsry (alweer☺️). Elke jaar sien ek dit met die Argus. Daar is mense wat inskryf en met groot fanfare probeer om daarvoor te oefen. Maar dit gaan maar sukkel sukkel. Ek hoor goed soos, ek wou vanoggend gaan maar toe waai die wind. Of jy sal nie glo nie maar toe ek vanoggend by my fiets kom toe is die wiel pap. Of my personal favourite: ek het nie my wekker hoor afgaan nie. Dis probeer en dit is doodgebore.

Iemand wat ‘n oefenprogram volg is anders. Die taal klink so: ek moet vandag bulte doen, en more oggend sal ek moet vroeg opstaan want ek moet een lange die week insit. En dan is daar nog party wat ‘n coach ook het. Daai ouens of vrouens kook gewoonlik.

Nou ja toe genoeg oor fietsry. Kom ons praat daaroor om ‘n dissipel van Jesus te wees. “Discipleship is about training and not trying.” Net daar het die pennie vir my gedrop. Jesus sê in Markus 1:17. “Kom hier! Kom saam met my en ek sal julle vissers van mense maak.” En net daar het Simon en Andreas se training begin. Hulle word appies. Jesus se appies. Hulle gaan die Argus van die lewe nou ry. En die uitkoms? Whats in it for me? ‘n Goeie lewe van rus en vrede. (Kyk vorige bloginskrywing: om soos Jesus te rus.). ‘n Lewe in God se Koninkryk. En so het hulle saam met Jesus gegaan, hulle coach en by Hom geleer.

Ons training manuel is die Bybel. Ons coach is Jesus en al die geestelike leiers wat ons Vader oor ons pad stuur. Ons oefenprogram is geestelike dissiplines soos stiltetyd, geestelike boeke lees, gebed, rus ensomeer. Hoe lyk jou oefenprogram? Nee ek weet nie, jy is mos anders as ek. Deursoek die Bybel (die training manuel), vra jou coach (Jesus). Dan is daar natuurlik nog ‘n klomp hulpafrigters ook, wat jou kan help. En so oor die tyd vind jy ‘n oefen program wat vir jou werk. En whalla jy probeer nie meer nie, dit raak deel van jou lewe. Dis ‘n proses. En jou lewe raak goed.

“Toe het Hy vir almal gesê: ‘As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneemen my volg…”. Lukas 9:23

“Excercise daily – no spiritual flabbiness, please! Workouts in the gymnasium are useful, but a disciplined life in God is far more so. Making you fit both today and forever. You can count on this. Take it to heart. This is why we have thrown ourselves into this vernure so tatally. We’re banking on the living God…”. 1 Timothy 4:6-10. The Message

Om soos Jesus te rus…

Die volgende woorde is opgeplak teen my Garage muur tussen al my fietse:

Riding is about rhythm and flow.
It’s the wind in your face
and the challenge of hammering up a long hill.
It’s the reward at the top
and the thrill of a high-speed descent.
Biking lets you come alive
both in body and spirit.
After a while the bike disappears beneath you
and you feel as if you are suspended in mid air.

Dit is een van die redes hoekom ek so baie van fietse hou.  As ek fietsry kan die wêreld rondom my vergaan.  Dan is ek “in flow.”  Dis dan wanneer ek van alles vergeet. Dit energeer my.  En ek is mal daaroor…

Maar eers terug by rus.  Hoe rus ‘n mens?  Gaan hou jy vakansie?  Sê nou maar jy is geestelik of emosioneel moeg gaan dit help.  Dit sal help om te gaan slaap as jy ‘n harde dag by die werk gehad het.  Maar as moegheid jou na depressie gedryf het, sal slaap nie eintlik help nie.  Dit maak dit net erger.

As ek gaan kyk na hoe Jesus gerus het dan merk ek ‘n paar dinge op.  Hy het gereeld saam met sy dissipels na afgeleë plekke gegaan (Markus 6:30-34).  Hy was lief daarvoor om Betanië toe te gaan na Martha en Maria se huis.  Hy het Homself ook graag alleen afgesonder om te gaan bid.

Die baie bekende woorde van Jesus in Matteus 11:28 sê:  “Kom na my toe almal wat uitgeput en oorlaai is en ek sal julle rus gee.”  (My eie woorde)  Maar kyk bietjie hoe mooi lees dit in die fantastiese vertaling van die Bybel deur Eugene Peterson beter bekend as The Message.  Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace.”

Wat my getref het is die woorde:  “Unforced Rhythms of Grace.”  Wat is dit?  Ek gaan dit probeer verduidelik met syfers.  Let mooi op klas, hier gaan Henri die wiskunde meneer:

0 1 2 3 4 (5) 6 7 8 9 10

0 is die plek waar dit met jou sleg gaan.  Soos in emosioneel, geestelik sleg.  10 is die punt waar jy totaal oorwerk en uigestres is.  Jy moet eintlik nooit by 10 uitkom of by 0 nie.  Jy moet die heeltyd strewe daarna om by 5 uit te kom.  5 is die stil punt.  Die tevrede punt.  Psalm 23 sê:  “Hy (my Herder) laat my rus in groen weivelde, Hy bring my by waters waar daar vrede is.”

Unforced Rhythms of Grace is om die heeltyd te streef na daardie stil punt.  Daardie plek waar jy op jou beste is.  Daardie plek waar jy geliefd en geborge voel.  As ons na Jesus kyk dan lyk dit my dis hoe Hy dit gedoen het.  Hy het saam met sy dissipels rustig geraak.  By sy vriende Martha, Maria en Lasarus in Betanië gekuier.  Jesus het Homself ook heeltyd alleen afgesonder om te bid.  Om die stil plek te vind.  Kyk hoe mooi sê Henri Nouwen dit: “The literal translation of the words ‘pray always’ is ‘come to rest.’  It is a rest in God in the midst of a very intense daily struggle.”

So wat is rus?  Rus is ritme.  ‘n Lewensritme om die heeltyd terug te beweeg na daardie stil punt, daardie plek, daardie “space” Waar jy totaal “in flow” is.  Vir partye mense is dit op die Gholfbaan, vir ander op ‘n fiets, vir party tussen mense, vir ander alleen.  Maar!  Die beste plek is in jou binnekamer:  Jesus sê dit die beste:  “…as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader… (Matteus 6:6).

 

Om saam met Jesus te kuier…

Jesus hou van kuier. Hy het baie gekuier toe Hy op aade was. Ek dink, Hy hou vandag nog steeds daarvan om te kuier. Ek dink, Hy kuier elke dag, rondom tafels saam met mense, by ‘n braaivleisvuur of in ‘n restaurant, ‘n Koffie shop, ‘n ouetehuis, ‘n ontbyt tafel en nog baie meer.

Ek hou baie wat Leclerc se: “Jesus ate good food with bad people…”. Phew ek is bly daaroor, want nou weet ek Hy sal saam met my ook wil kom eet.

In Markus twee word die storie vertel van Levi die Tollenaar. ‘nTollenaar was blykbaar ‘n bad iemand in Jesus se tyd. Jesus het by hom verbygeloop en vir hom gesê: “Volg my…”. Hy het onmiddelik opgestaan en Jesus gevolg. Die storie gaan toe verder en vertel hoe Jesus en sy dissipels toe by Levi en al sy vriende gaan eet het. Natuurlik was die nare Fariseërs nie baie happy oor dit nie. Hulle vra toe hoekom eet Jesus saam met Tollenaars en Sondaars. Waarop Jesus hulle antwoord. “As jy gesond is het jy mos nie ‘n dokter nodig nie. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie.” Phew! Ek is so bly daaroor, want anders sou Jesus mos nooit aan my tafel kom sit het nie. Jy sien ek is Levi.

‘n Tafel, kuier, saam eet is ‘n plek waar stories loop. Dit is die plek waar ons mekaar leerken deur die stories wat ons vertel. En ons word daardie stories. Ek wil so graag hê Jesus moet aan my tafel kom sit en deel word van my storie.

Dis nou juis die ding. Jesus ìs aan my tafel. Hy eet saam met my, elke dag. Dis die magic van die Opstanding! Jesus hoef nie nou meer soos toe Hy op aarde was net aan Levi se tafel op ‘n slag te sit nie. Hy sit aan elke tafel, oor die hele aarde, elke dag, die hele tyd.

Dit maak nou dat ek wil bid: “Jesus ek wil U volg, soos Levi. Ek wil opspring en agter U aanloop. Ek wil hê U moet by my kom eet. Saam met arme ekke en al my sondaar vriende. Ek wil hê U moet deel word van my storie, sodat my storie kan deel word van U storie. En eendag Here gaan ek saam met U sit in ewigheid by die Bruilofstafel van die Lam. Dankie Here, so baie dankie!”

Die pad van die lewe…

Onlangs is ek alweer gekonfronteer met die groot K.  Ja alweer kanker.  En weer ‘n keer voel ek onbeholpe en dom in die kloue van die monster.  En ek wonder, ek wonder wat om te maak en hoe om te dink…  en veral wonder ek hoe om met die persoon te praat; wat in die kloue van die monster is…

Dit is in hierdie tyd dat ek hierdie aanhaling van my geliefde mentor Henri Nouwen lees:

Going home is a lifelong journey.  There are always parts of ourselves that wonder off in dissipation or get stuck in resentment.  Before we know it we are lost in lustful fantasies or angry ruminations.  Our night dreams and daydreams often remind us of our lostness.
Spiritual disciplines such as praying, fasting and caring are ways to help us return home.  As we walk home we often realize how long the way is.  But let us not be discouraged.  Jesus walks with us and speaks to us on the road.  When we listen carefully we discover that we are already home while on the way.

Dis die moeilike woorde in Henri Nouwen se engels wat vir my op die ou end weer ou antwoorde kom oopmaak het.  Dit is sommer die eerste sin wat my gevang het.  “Om huis toe te gaan is ‘n lewenslange reis.”  Waar is die huis?  Wel as ek aan die gelykenis van die verlore Seun dink, dan is die huis waar my Vader is.  My Vader wat vir my wag.  Ja in groot afwagting wag, sonder om te oordeel.  Maar ek dwaal rond.  Ek soek die huis oral en in alles.  Ek luister na die dood se leuns.  Die monster vertel vir my, hy jaag my aan, hy laat my wegdwaal in “lustfull fantasies”.  As ek maar net genoeg geld gehad het, dan sal ek dit koop of dat doen en dan sal ek gelukkig wees.  En dan..?  Ewe skielik..!  Staan die Kanker Monster voor jou en is geld en al daai goed ewe skielik onbelangrik en al waarna jy hunker is na jou huis waar jou Vader is.

Een van Nouwen se woorde hier is: “Dissipation”  Getroue ou google sê vir my die woord beteken iets wat in die niet verdwyn.  Iets wat sonder dat jy dit regtig agterkom sommer net verdwyn.  Vader, keer my asseblief, keer dat die lewe, my plek saam met U, my huis; nie sommer net sal wegraak in jare van struggle en dink aan die eise van die monster nie.

Bazz Luhrman het gesê:  “Don’t worry about the future; or worry, but know that worrying is as effective as trying to solve an algebra equation by chewing bubblegum.  The real troubles in your life are apt to be things that never crossed your worried mind the kind that blindside you at 4pm on some idle Tuesday.”
Read more: Baz Luhrmann – Everybody’s Free (to Wear Sunscreen) Lyrics | MetroLyrics

“Angry Ruminations”  is Henri Nouwen se ander moeilike engelse woord.  Google sê dit is ‘n: “a deep considering thought about something.”  Ek ontmoet baie mense wat heeltyd besig is met kwaai gedagtes oor dinge.  Het jy gesien wat het hulle nou al weer gemaak.  Hulle gaan alles verbrand.  Hulle vat al die plase.  Hulle vat al ons goed…  In die proses van “angry ruminations” besef ons nie dat die duiwel dans dat die stof so staan soos my liewe ouma altyd gesê het nie.  Gepraat van my ouma; sy het eendag haar kinders en kleinkinders laat plaas toe kom en alles weggegee.  Sy het rustig haar goedjies gevat en ouetehuis toe getrek.  “Want, my kind…” het sy gesê, “daardie dinge is tog nie meer belangrik nie…”

Nou ja toe voor ek nou te veel aankarring met moeilike engelse woorde.  Wat is die punt hier.  Die punt is dat die ware pad, die regte pad nie die pad van die monster is nie.  Jesus het gesê Hy is die weg (Johannes 14:6).  Wat beteken dit?  Wat was Jesus se pad?  Jesus se pad was die pad van die kruis.  Die pad van die dood.  Die pad van kyk die Monster in die oë, soos William Wallace in Braveheart.  En daar raak die antwoord vir my toe duidelik.  Daar waar ons oop is oor Kanker, daar waar ons daaroor praat, daar waar ons dit in die oë kyk.  Daar is ons pad huistoe.  Dan vind ek uit soos Henri Nouwen sê, ek is eintlik alreeds by die Huis.

Jesus se Hemelvaart is soos ‘n Dandelion…

Jy weet mos daai blommetjie wat ‘n mens so blaas en dan waai al die saadjies in die wind in. As kind was ek mal daaroor. Hulle het sommer so in die veld gegroei. Ek het dit gegoogle; in Afrikaans noem mens dit ‘n Paardeblom. Bietjie wierd naam maar nou ja.

Phillipp Yancey skryf in sy boek, “The Jesus I never knew:”. “Killing Jesus is like trying to kill a Dandelion seed-head by blowing on it.” Ek dink dit is wat Jesus bedoel het toe Hy in Johannes 12:24 gesê het: “As ‘n koringkorrel nie in die grond val ens terwe nie, bly hy net een, maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in.”

Vandag is Hemelvaart dag. Dis ‘n moeilike ding vir my ou breintjie om te verstaan. Daarom al hierdie metafore en dinge. Ek sien die saak so.

Jesus was op aarde. Hy het hier geleef. Hy het saam met sy dissipels aan tafel gesit en eet. Hulle kon aan Hom vat en met Hom gesels. Hy was by hulle. Maar net by hulle. Net soos enige ander mens. Maar toe staan Hy uit die dood op en vaar in die hemel in. Alles verander. Hy kan nie meer vasgevang word nie. Hy is nie meer net op een plek nie. Hy is nou aan elke tafel op hierdie hele aarde saam met al die mense. Is dit nie amazing, misterieus en mind blowing nie?

Kyk wat sê Frederick Beuchner: “We can never nail Him down, not even if the nails we use are real and the thing we nail Him to is a cross.”

Ok, so terug na die Dandelion. Jesus se dood het Hom los gemaak van die wêreld se reëls. Hy kan nie vasgevang word nie. Sy Hemelvaart het Hom meer gemaak as een. Die Koringkorrel wat in die grond val en sterf word infinitief meer…

‘n Gedig van Dietrich Bonhoeffer

Dietrich Bonhoeffer was ‘n ds. in Duitsland wat deur Hitler in die tronk gegooi is. Hy is op die ou end net voor die einde van die oorlog tereggestel.

Hier is ‘n gedig wat hy vanuit die tronk geskryf het… Dit het my laat dink oor dominee wees. Dit is ook van toepassing op kind-van-die-Here wees.

“Who am I?”

Who am I? They often tell me

I stepped from my cell’s confinement

calmly, cheerfully, firmly,

like a Squire from his country-house.

Who am I? They often tell me

I used to speak to my warders

freely and friendly and clearly,

as though it were mine to command.

Who am I? They also tell me

I bore the days of misfortune

equally, smilingly, proudly,

like one accustomed to win.

Am I then really all that which other men tell of?

Or am I only what I myself know of myself?

Restless and longing and sick, like a bird in a cage,

struggling for breath, as though hands were

compressing my throat,

yearning for colors, for flowers, for the voices of birds,

thirsting for words of kindness, for neighborliness,

tossing in expectation of great events,

powerlessly trembling for friends at an infinite distance,

weary and empty at praying, at thinking, at making,

faint, and ready to say farewell to it all?

Who am I? This or the other?

Am I one person to-day and to-morrow another?

Am I both at once? A hypocrite before others,

and before myself a contemptibly woebegone weakling?

Or is something within me still like a beaten army,

fleeing in disorder from victory already achieved?

Who am I? They mock me, these lonely questions of mine.

Whoever I am, Thou knowest, 0 God, I am Thine!