Die pad van Palm Sondag na Paasfees is ’n lang, harde, geduldige, moeite werd, lankstap pad.

Ek het baie lanklaas ‘n blog geskryf. En hierdie een wil ek gladnie skryf nie. Ek wil eerder vergeet, dit agter my sit. Whatever, dit het nooit gebeur nie, dit sal nie weer gebeur nie. Dis wat ek wil sê.

So drie weke terug is ek; ge-hijack op my fiets. Ek het 05:00 die oggend gaan fietsry soos ek maar maak vir al amper twintig jaar. En toe, toe spring daar drie ouens agter ‘n bos uit met ‘n mes, stamp my van my fiets af en steel alles wat ek by my gehad het. Maar die grootste ding wat hulle gesteel het, die een ding wat ek nie weer kan koop nie. Is my vrede. Hoe kry ek dit weer terug. Hoe kan ek weer agter my Herder aanloop na daardie groen weivelde van vrede en daardie waters van rus.

Hoe?

En toe kom Palm Sondag oor my pad. Ek het eintlik nie eers geweet dis Palm Sondag nie (ek is maar bietjie vaak as dit by die goed kom). As dit nie vir my vriend was wat laataand vir my ‘n boodskap gestuur het nie, het ek; dit gemis.

Palm Sondag. Jesus kom in Jerusalem in. Almal is oppad Paasfees toe. Hulle hoor wat Hy alles gedoen het. Hy het onlangs vir Lasarus uit die dood opgewek, blindes naby Jerigo laat sien. Hier kom Hy. Hulle gooi hulle klere op die pad voor Hom, swaai plamtakke, skreeu Hosana… Hy gaan ons uitsort. Easy, peasy, japaneysy… reg?

Nope! Dit werk nie so nie. Die pad van Palm Sondag na Paasfees is ‘n moeilike pad. ‘n Pad vol pyn. ‘n Pad van lyding. God is in daai pad. Dis God se pad. Die groot dinge in ons lewe. Die moeite werd dinge; kom swaar, kom deur lyding, kom deur elende, kom deur hijackings, siekte, dood, armoede, egskeidings…

Gin wonder Martin Luther het gesê :”My lyding is die beste boek in my Biblioteek.”

Ek soek God partymaal op die maklike plekke. In die optog met Paasfees. Ek wil omtrent altyd my swaarkry, my skaamkry wegsteek. Diep in ‘n kluis aan die onderkant van my hart. Ek is baie dom. Ek moet God soek in die kruis, in die graf, in die opstanding. Nuwe lewe kom net deur die kruis en die graf. Ek moet God soek in die hijacking. En ek het. En weet jy wat, toe kry ek Hom daar in die middel van dit alles. Vol liefde, met trane in sy oë. (Lukas 19:41)

Dis seker hoekom ons liefdevolle Vader vir Paulus gelei het om hierdie woorde te skryf:

Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

 Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Ro 5:3–5). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Dit vat guts. Die pad. Dit vat geduld. Patience kom van die wortel woord Patior en Patior beteken om te suffer, om te lei. So wat is die les wat ek hieruit vat.

Ek moet geduldig na God soek in hierdie terrible ding wat met my gebeur het. En ek moet bly soek na Hom. Tot ek Hom daar kry. Want dis in my swaarkry dat ek die naaste aan Jesus kom. Dis in my teleurstellings dat ek hom die helderste sien. Dis in my vrees dat ek Hom die meeste soek. Maar dis ‘n geduldige pad. Dis ‘n lankstap pad. Maar dis nie ‘n pad van ontkenning en palmtakke gooi en maklike antwoordjies nie. Dis die pad van die kruis, deur die graf, anderkant uit. Dis die moeite werd pad, dis Jesus se pad. Dis die pad wat vir my rus en vrede gaan bring. Dis die pad wat my weer by ‘n feesmaal gaan laat aansit! Dis die pad wat gaan maak dat ek weer tuis gaan wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

“…is twee Mossies nie vir een sent te koop nie…”

Ek sien baie maal voeltjies in Koffie winkels of Restaurante. Hulle is sulke hans voeltjies; wat sommer so tussen die mense sal rondloop. Maar nog nooit het ek ‘n Mossie in ‘n Restaurant gesien nie.

My dogter is hierdie jaar in matriek en ons gesels baie oor haar toekoms. Maar dinge wil nie lekker in plek val nie, en ek is maar bekommerd. So sit ek saam met ‘n paar mense in Mugg en Bean die week. Die volgende oomblik kom sit daar ‘n Mossie, Ja, ‘n Mossie, nie ‘n Kwikstertjie of iets ander nie, ‘n Mossie, op die stoel regs langs my. Ek sê vir die een persoon wat daar sit, “kyk die Mossie..”

En toe, toe kom die woorde van Jesus by my op: “is twee Mossies nie vir ‘n sent te koop nie…” Ek soek dit toe sommer dadelik op en lees dit; hier is die presiese woorde:

““Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.””
‭‭MATTEUS‬ ‭10‬:‭29‬-‭31‬ ‭AFR83‬‬

Die volgende oomblik, ek praat van sekondes later, toe lui my foon. Dis my vrou, sy sê: Die mense het gebel oor ons dogter se toekoms planne, dinge beweeg in ‘n rigting, dis baie positief…” En ek is verstom!

Nou mense kan seker sê: “Nee man, dis alles toevallig.” Maar weet jy, ek dink nie so nie. Want, ek het hierdie warm gevoel gekry soos die twee wat saam met Jesus op die Emmaus pad gestap het. Ek weet dis ons Vader wat die Mossie gestuur het om my te bemoedig, want sien, ek is sy geliefde seun en my dogter is sy geliefde dogter, en oor ons is Hy verheug.

ek was by ‘n troue…

Ek gaan na baie troues toe, maar gewoonlik doen ek die troue. Dis min dat ek ‘n gas by ‘n troue is. En toe gaan ek die afgelope Saterdag saam met my vrou na ‘n troue toe; van iemand wat saam met haar werk. En daar praat God toe met my.

Gewoonlik beïndruk ‘n dominee my nie maklik nie. Miskien is dit professional jealousy, of miskien is ek net sinies, of selfs arrogant? Toe die dominee begin; sê ek nogal vir my vrou wat hy alles verkeerd doen. (Ek sê mos ek het issues…) Maar toe praat God met my, ek beleef ‘n God moment. Jy weet mos; as jy in die kerk is en dit voel of die dominee net met jou praat? Dit voel of jy die enigste een daar is?

Die dominee sê die volgende: alle mense is basies dieselfde. Ons soek almal na dieselfde ding. Ons soek almal na geluk. Ons soek na geluk op verskillende plekke. Dinge soos geld, aansien, goeters en al daai obvious goed. En… party van ons soek na geluk in die huwelik. Toe sê hy: “as julle dink dat trou is die belangrikste ding in jou lewe, maak jy ‘n fout…” “as julle dink dat trou jou gaan gelukkig maak; is jy verkeerd.” Wat?

Hy gaan toe verder en sê: dit wat vandag hier gebeur is deel van ‘n groter prentjie. Hy sê dit is ‘n puzzle stuk. Hy sê jy kan nie ‘n puzzle bou as jy nie weet hoe lyk die prentjie op die boks nie. Jy moet eers weet hoe die prentjie op die boks lyk, anders gaan jou puzzle stukkie nie inpas nie. Soek die pretjie op die boks sê hy en soek dan die plekkie waar vandag se trou puzzle stukkie inpas. Dan sal jy gelukkig wees.

en toe lees hy die in die Bybel…

“God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.”
‭‭GENESIS‬ ‭1‬:‭27‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/gen.1.27.AFR83

‘n Paar jaar terug staan ek by die Laerskool om my kinders op te laai. Een van die onderwysers staan langs my. Hy vra vir my: “Sien jy hierdie ouers?” “Hulle aanbid hulle kinders, en ‘n mens moet nie jou kinders aanbid nie. Net vir God alleen.”

God het ons gemaak na sy beeld. Dit wat God soek is wat ons moet soek. Waar soek ons ons geluk? In ‘n huwelik, in kinders? Daar is ‘n groter prentjie. Ware geluk is om in God se prentjie te wees. En Jesus het dit nogal gesê:

“Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee. En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!””
‭‭Matteus‬ ‭6‬:‭33‬ ‭DB‬‬
https://bible.com/bible/50/mat.6.33.DB

Die prentjie op die boks is God se Koninkryk.

Ons het gegaan om mense te verander…

Die afgelope week was ek saam met 20 jongmense op ‘n Uitreik na ‘n arm gemeenskap in die Kaap. Ons het gegaan om ‘n verskil te maak. Ons het twee badkamers oorgedoen vir kinders wat in ‘n koshuis moet bly omdat omstandighede by die huis net te moeilik is. Ons het ‘n Kinderweek gaan aanbied. ‘n Mural geverf met die woorde: “be the light” om mense hoop te gee. Ons het gaan regmaak, kosmaak, gaan omgee en gaan bid vir mense wat baie swaar kry. Ons het hard gewerk; en ons het ‘n paar dinge geleer.

Ek dink die grootste ding wat ons geleer het is: dis amazing om deur God gebruik te word. Dis ‘n voorreg om ons Vader se werk te doen. Niks is te moeilik of te veel moeite as ons iets vir God doen nie. Wat die vraag by my laat: moet ons nie alles vir God doen nie. Is alles nie eintlik God se werk nie?

Ons het geleer dat gebed amazing is. As ons bid dan gebeur dinge. Maar waar dit veral gebeur het, is in ons eie harte. Gebed verander my baie meer as wat dit God verander. Om die waarheid te sê God verander nie. Die Bybel sê in Hebr 13: 8 dat God dieselfde is, gister, vandag en tot in ewigheid. Gebed verander my. Na so ‘n uitreik kyk ek nooit weer dieselfde na myself, die wêreld of God nie.

Ons dink ons moet bid om God se wil te verander. Maar, wat ons moet doen is om te bid om God se wil te soek, en Hom dan te vra om ons te gebruik om sy wil deur ons te laat geskied. Jesus leer ons om te bid: “Laat U wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde.” Ons bid dat die hemel aarde toe sal kom. Partymaal sien ek hoe mense die hel aarde toe laat kom.

Ek het geleer op hierdie uitreik dat God gewonde mense baie kragtig kan gebruik. Daar staan in Efesiërs 1:19 en 2o; dat dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het deur ons en in ons werk. Ek het gesien hoe ons en ander mense opstaan uit die dood. Maar veral ons.

Ons was ‘n groep van 20 wat Ysterplaat toe gegaan het om mense te gaan verander. En wat het gebeur, die mense het ons verander. Ons het Ysterplaat toe gegaan om liefde te wys en wat gebeur, daar word liefde aan ons gewys. Ons het Ysterplaat toe gegaan om God se wil te verander, en wat het gebeur, God het sy wil aan ons getoon en ons gebruik om die hemel aarde toe te bring.

Jesus maak die storm stil…

Die afgelope Saterdag oggend gaan ek ry ek en my vriend fiets soos gewoonlik. My seun het ons ook gejoin. Ons was so ‘n ent aan die gang – toe sien ek – hierdie gaan ‘n moeilike ride wees. Ons kry nie eers 15 km/h gehaal nie. Die wind waai verwoed. Ek sit en wag dat een van hulle moet sê ons moet omdraai en later hoor ek dat hulle vir my sit en wag het om te sê. Wel, niemand het toe gesê nie, toe ry ons maar.

Maar, toe ons by Albertinia omdraai. O my Word😳! Toe vlieg ons. ons gemiddelde spoed is meer as 50 km/h, daar was plekke waar ons 60 km/h gehaal het😂. Dit was een van die rofste winde waarin ek nog gery het (behalwe natuurlik daai een jaar by die Argus).

Dis eers toe ons in Mosselbaai terugkom dat ons die see gesien het. Die deinings was meters hoog. Die water het oor die paaie gespoel, huise en karre is meugesleur. Die water is deur restaurante se vensters. Die see was geweldig ontstuimig. Nog die ergste wat ek dit hier by ons gesien het.

En toe dink ek aan God se almag en my kleinheid. Ek dink aan die Psalm wat sê: “Here ons Here hoe wonderbaar is U Naam oor die hele aarde…” en “…wat is die mens dat U aan hom dink…”

En ek dink aan die keer toe Jesus die storm op die see stil gemaak het. Daar staan; dat Hy die wind en die see bestraf het. En daar staan dat daar stilte gekom het. Dis amazing. God is groot. Laat ek jou sê; dis nou al die tweede dag na die wind; en die see is nog steeds omgekrap. Jesus raas met die see soos met ‘n kind; en dit bedaar. Om alles te kroon, lê Hy nog en slaap ook as die boot deur die golwe heen en weer geslinger word. Hy is nie bang nie. Hy is almagtig, maar Hy is ook genadig, barmhartig, lankmoedig en vol liefde.

Ons Vader sorg vir ons…

So laasweek was ek saam met die Aftree Opskoppers op ‘n toer deur die Karoo. En was dit ‘n fees! Die mense het net nie issues nie. Ek is baie lief vir hulle. Ons is hier van Mosselbaai af weg oor die berg na Oudtshoorn waar ons in die pragtige Queens Hotel oornag het, daarna oor die Swartberg pas na Prins Albert. Wat ‘n amazing klein dorpie. Maar wat my die meeste beïndruk het; was die blomme.

Dis asof ons Vader blikke verf op die Karoo vlaktes uitgegooi het. Geel, Pers en wit. Dit was amazing.

Maar toe praat God het my. Ja dis reg, Hy praat met my, deur die blomme. Ons was by Langenhoven se huis. En toe sien ek hulle. Sulke wit Daisies (verskoon maar, ek ken nie blomme se name so goed nie). Wit met geel in die middel en ‘n nuanse van pers. (Die blommetjie hierbo aangeheg). Pragtig! Regtig… ‘n Mens kan homself; nooit so mooi aantrek nie. En toe ek so na die blommetjie kyk, ‘n nietige ou blommetjie, toe praat God met my in daai blommetjie.

en Hy sê: “My geliefde kind, jy sal nooit weet hoe lief ek vir jou is nie. Ek het my hart vir jou gegee, my lewe. En Ek sal vir jou sorg. Ek het dit mos beloof.”

Ek haal toe my selfoon uit en lees in die Bybel. En lees asseblief saam met my hierdie mooi woorde soos ek dit in die Message gekry het:

““Has anyone by fussing in front of the mirror ever gotten taller by so much as an inch? All this time and money wasted on fashion—do you think it makes that much difference? Instead of looking at the fashions, walk out into the fields and look at the wildflowers. They never primp or shop, but have you ever seen color and design quite like it? The ten best-dressed men and women in the country look shabby alongside them. “If God gives such attention to the appearance of wildflowers—most of which are never even seen—don’t you think he’ll attend to you, take pride in you, do his best for you? What I’m trying to do here is to get you to relax, to not be so preoccupied with getting, so you can respond to God’s giving. People who don’t know God and the way he works fuss over these things, but you know both God and how he works. Steep your life in God-reality, God-initiative, God-provisions. Don’t worry about missing out. You’ll find all your everyday human concerns will be met.”
‭‭Matthew‬ ‭6‬:‭27‬-‭33‬ ‭MSG‬‬
https://bible.com/bible/97/mat.6.27-33.MSG

Vergifnis is soos klere wat jy aantrek…

Ek praat vanaand met die jongmense oor Matteus 18. Dit het my nogal gechallenge. Dis die gelykenis waar Jesus vertel van die man wat die Koning miljoene rande geskuld het. Die Koning wil hom en sy vrou en kinders toe as slawe verkoop om sy geld terug te kry. Toe soebat die ou die Koning. Toe skryf die Koning sy skuld af. Ja, Hy skryf dit af. En toe, toe die ou buite kom, kry hy iemand, wat hom R5 skuld. Hy dwing toe die ou om te betaal. Die ou sê hy kan nie. Die man laat hom toe in die tronk gooi, tot hy sy laaste sent betaal het. Die Koning was baie kwaad en het die eerste ou in die tronk gegooi waar daar ‘n geween en ‘n gekners van tande is.

Vergifnis is iets wat jy self moet aantrek, en dan moet jy dit soos klere aan jou lyf dra.

Jy sien as iemand iets aan jou gedoen het. En, jy wil/moet daardie persoon vergewe. Dan kan jy maklik uit die hoogte uit; moralisties na die ander persoon kyk en sê: Ek is seker ook sleg, maar ek is darem nie so sleg nie. Maar, as jy verstaan dat jyself ‘n sondaar is. Dat jy ook vergifnis nodig het. Elke uur, elke dag, dan verander die prentjie bietjie. Dan het jy empatie. En wat is die verskil tussen emapatie en simpatie. Simpatie is om te sê; “ag shame”, empatie is om jouself in iemand se skoene te sit.

As ek verstaan en erken dat ek ook sonde het. Dat ek ook vergifnis nodig het. Dan verander die prentjie. Dan het ek empatie met die ander persoon. Dan kom vergifnis makliker.

As ek verstaan dat ek God se geliefde is, en ek verstaan dat die ander ou ook God se geliefde is, dan kyk ek anders na iemand anders. Net soos ek vergifnis nodig het, so het die ander persoon ook vergifnis nodig, en dan raak dit ewe skeilik makliker om te vergewe.

Vergifnis is soos klere wat jy dra. Elke dag; die hele dag is jy bewus van God se genade. Dit maak dat jy ook genade wil betoon. Dis omdat jy jou eie verlorenheid verstaan. Ek is ook ‘n sondaar. Ek doen ook sonde. Ek het ook vergifnis nodig, daarom wil ek ook vergeef.

21–22 Petrus vra toe vir Jesus: “Here, hoeveel keer moet ek iemand vergewe wat iets leliks aan my gedoen het? Is sewe keer genoeg?”

“Nee, sewe keer is nie genoeg nie,” antwoord Jesus. “Jy moet ander mense elke keer vergewe as hulle iets leliks aan jou gedoen het. Vergifnis hou nooit op nie.”

 Joubert, S. (1999). Die Nuwe Testament vir kinders in ’n taal wat hulle verstaan (Mt 18:22). Vanderbijlpark: Carpe Diem.

God se oë is sag…

Ek hou daarvan om my eie plannetjies te maak. Ek sal oor iets bid, maar dan maak ek maar nogsteeds plannetjies. Ek ken iemand wat sê: “solank jou plannetjies net nie opraak nie…”

Ek lees in Genesis 21 van ‘n familie vol plannetjies. Amper soos my familie. Nee wag, darem nie so deurmekaar nie😂. Dis die verhaal van Sara en Hagar. Sara is net mooi 100 jaar oud. God kom beloof aan haar sy gaan swanger word. Sy lag. Komaan julle ons moet nie so hard op haar wees nie. 100 Jaar, dis te oud vir kinders kry😳

Toe maak sy ‘n plan. Sy gaan haar jong slavin Hagar vir haar man gee. Dan het sy darem kinders. Al is dit ‘n surogaat. Dit is haar kind. Dis haar plan.

Ek maak ook planne. Baie planne. God het vir Sara kom beloof sy sal ‘n nageslag hê. Maar meer as dit. Hy het aan haar kom beloof dat Hy vir haar ‘n God sal wees. Wat beteken dit? Dit beteken alles. Herder, Versorger, Verlosser, ‘n Hen wat haar kuikens onder haar vlerke beskerm, ‘n liefdegewer, maar meer nog. God is ‘n Beloftehouer.

Isak is toe gebore. Sy naam sinspeel op Lag. Is dit nie ironies nie. Niemand hou daarvan om voor gelag te word nie. Dis nie lekker nie. Sara ook nie. Sy maak toe ‘n plan. Ek hou ook nie daarvan as mense vir my lag of hulle koppe skud nie. Daarom maak ek maar ‘n plan.

Maar! God sal nooit vir my lag nie. En Hy het altyd ‘n plan. Gaan lees gerus die verhaal in Genesis 21. Jy sal sien hoe mooi sorg God vir Sara, maar ook vir Hagar toe Sara haar wegjaag die woestyn in.

God kyk altyd met sagte oë. Hy hou altyd sy beloftes. Hy is Amazing! Regtig.

“Op hulle hande sal hulle jou dra…”

Die afgelope naweek was ek en my vroutjie Nieu-Bethesda toe om twee pragtige jongmense te gaan trou. Net vir reference sake; Nieu-Bethesda is 450 km van Mosslbaai af. Dis nogal ‘n trek, maar wat ‘n amazing klein dorpie. Vol van die Here se geskiedenis…

Die oggend na die troue – want ons moes oorslaap – maak ons reg, om terug te ry. Daar is so ‘n 25 km grondpad en dan die pad Graaff-Reinet toe. Ek stap ewe vrolik met vroutjie se rooi tassie in die een hand en haar vanity case in die ander hand. Toe hoor ek iemand vrolik roep: “More! Jy het seker gesien jou wiel is pap.” My moed sak in my skoene, want ek weet die kar het net so ‘n Marie-biscuit spaarwiel. En die ding gan nie lekker op die grondpad werk nie. Maar ek ruil maar om. Voor ons ry, vat ek en my Carina hande en ons bid. Ons bid dat ons Vader met ons sal wees en ons sal beskerm.

Ek ry daar weg en stop by die kleinste kafee. Jy weet daai soort waar die verkoopsman agter die toonbank staan en dan wys jy vir hom wat jy soek en hy haal dit af. “Do you have something that I can fix my wheel with?” vra ek hom. Sonder om ‘n woord te sê druk hy sy hand onder die toonbank in en kom te voorskyn met ‘n wheel repair kit. Nou kort ek net ‘n pomp. Wat ek toe eers in Graaff-Reinet kry. Daar fix ek die wiel voor Carina nog uit die badkamer kom.

En toe ry ons verder. Dis ‘n oop pad en ek voel bietjie waaghalsig en sit die kar se cruise control op 130 km/h. Die band is mos nou reg en tot hier kon ek hie vinniger as 80 ry nie, want dit staan op die marie biscuit spaawiel so. Ek kyk iets op die radio…. en toe!

“Henri!” roep Carina. Toe ek opkyk; het die persoon wat in die aankomende baan ry aan die slaap geraak. Hy is op my. Soos in op my! Ek draai links. Ek mis hom. Ek weet nie hoe nie. Dit maak nie sin nie. Ons moes mekaar getref het.

En ek en Carina is stomgeslaan. Ons emosie is: Dankie Here! Ons kry nie ‘n woord uit nie.

En toe dink ek aan die woorde waarmee die duiwel Jesus versoek het in die woestyn:

11Hy sal sy engele opdrag gee 

om jou te beskerm waar jy ook al gaan. 

12Op hulle hande sal hulle jou dra, 

sodat jy nie jou voet 

teen ’n klip sal stamp nie. 

 Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Ps 91:11–12). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Wees altyd dankbaar…

Ek gaan besoek laasweek een van ons lidmate. Hy is nuut in die dorp en die gemeente. Hy en sy vroutjie het afgetrek hier na Mosselbaai toe, nadat hy vir baie jare geboer het. Hulle het skaars hier aangekom, of hy word met pankreas kanker gediagnoseer. Ja, jy het reg gehoor. En dis terrible. En baie sleg. En hartseer. En dit breek my hart. En God se hart.

En wat sê hy? Hy vertel hoe dankbaar hy is. Hy is dankbaar sê hy, as die pyn hom vroeg in die oggend uit die bed dryf. Dan slaap almal nog sê hy. Dan kom sit hy op sy spesiale plekkie. Vanwaar hy oor die see kan uitkyk en die son sien opkom. “Daar praat ek elke oggend met God…” vertel hy. En hoe bly dit hom maak. En hy hou aan. Hoe bly hy is, oor sy vrou, en sy hondjies, en die natuur, en sy verhouding met sy Here. En hy hou aan en aan en aan.

En ek wonder? Hoe kry hy dit reg? Wat is sy resep?

“Toe ek nog op die plaas was…” vertel hy “het ek elke oggend met my bakkie in die veld ingery en met God tyd spandeer…”

Dis toe die pennie vir my drop. Dis ‘n lewe van geloofsgewoontes wat nou vrug dra. Jy kan nie anders as om dankbaar en bly te wees as jy God se kind is nie. As jy bid oor goed kyk jy anders na daai selfde goed. Jy kry God se perspektief op dit. En sy perspektief is goedheid en liefde. Dit is God se legacy. Dit kan my legacy ook wees. Dit ìs my vriend met die aaklige siekte se legacy ook.

Kyk wat sê die woord:

“Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”
‭‭FILIPPENSE‬ ‭4‬:‭4‬-‭7‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/php.4.4-7.AFR83

G